News

Wonderbaarlik uit brandende bakkie

’n Man wat wonderbaarlik uit ’n brandende bakkie ontsnap het na ’n trompop botsing met ’n trok, is terug by die werk!

Me. Hantie Kotze (NTT Toyota Groblersdal, Verkoopsbestuurder, nuwe voertuie) het bevestig dat hul werknemer wat verlede week in ’n tromop botsing met ’n trok betrokke was, terug is by die werk.

Die bestuurder van die splinternuwe Hilux bakkie, wat nog net twee maande gebruik word, het op 8 Junie met die trok gebots.
In die daaropvolgende gebeure het die bakkie aan die brand geslaan en heeltemal uitgebrand.

“Hy kan nie onthou wat gebeur het en hoe hy uit die bakkie gekom het nie.”

Lees ook: WATCH: Bakkie veers in front of oncoming truck in blazing N11 Collision

Hul werknemer is in die Life Midmed Hospitaal opgeneem en die volgende dag ontslaan.

“Hy is lyfseer weens die ongeluk, maar het géén breuke of snye opgedoen nie. Dit is genade dat hy nie ernstig beseer is nie.”

•Hulle wou nie op hierdie stadium sy naam bekend maak nie.

•Die bestuurder van die trok het ook ligte beserings opgedoen, aangesien die trok ook omgeslaan het.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button