News

Deurbraak in Zonnebloem strooptog

Sowat die helfde van sowat R3 miljoen se eiendom wat tydens ’n gewapende roof op ’n plaas buite Middelburg gesteel is, is teruggevind.

Ses gewapende rowers het die nag van 26 Desember op die plaas Zonnebloem, tussen Middelburg en Stoffberg, toegeslaan. Hulle het die sekuriteitswagte aangerand. Bekende in landboukringe en boer, Gideon Anderson, was ten tyde van die aanval op sy ander plaas in Limpopo.

Sy plaasbestuurder het hom die volgende oggend gebel en ingelig van die roof, nadat hy om 05:00 na die plaas is om beeste te tel.

Opvolg: Verdagte in aanhouding vir Zonnebloem plaasaanval

Daar is onder andere ’n Toyota Land Cruiser en Hilux bakkie gesteel en ’n kant-tip wa en platbakwa met trokke van die plaas af gery. Daar is ook gif, trekker- en trokbande, bakkie parte en ander waardevolle items soos kontant gebuit in die kundig-georganiseerde rooftog.

Te danke aan inligting kon die polisie aan die begin van die week die twee bakkies, sleepwaens, gif en die trekkerbande opspoor.

Die buit is by drie verskillende persele, een in Middelburg, een in Mhluzi en een in eMalahleni, opgespoor. Die eiendomme behoort almal aan dieselfde man.

Lees ook: Ses gewapende mans slaan toe op plaas – kyk uit vir gesteelde bakkies

Volgens inligting is die man bewus dat die polisie na hom soek vir ondervraging, maar hy het nog nie met hulle kontak gemaak nie.

Mnr. Anderson het gesê dat sowat R1,5 miljoen se goedere steeds weg is.

Die ondersoek duur voort.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button