Ses gewapende mans slaan op plaas toe – kyk uit vir gesteelde bakkies

Ses gewapende mans het teen sowat 23:00 gisteraand op die plaas Zonnebloem, van Gideon Anderson, toegeslaan. 

Mnr. Anderson, wat met tye van die aanval op sy wildsplaas in Limpopo was, sê dat hy nog nie seker is wat aangaan nie omdat hy tans oppad terug is van Limpopo.

Hy sê ‘n werker wat aan diens is het hom vanoggend vroeg gebel toe hy teen 05:00 op die plaas aangekom het en dit in chaos aangetref het.

Zonnebloem, in die Middelburg distrik tussen Middelburg en Stoffberg, word deur gehuurde sekuriteit in die nag opgepas. Daar het ses gewapende mans op die plaas aangekom, die wagte oorval en die werkswinkel, kantoor en huis oopgebreek.

Opvolg: Deurbraak in Zonnebloem strooptog

Die polisie en nooddienste is intussen ontbied na die toneel om na die beseerde wagte om te sien en die toneel vir leidrade te fynkam.

Twee van mnr. Anderson se werkers wat tans met verlof is, se bakkies is gesteel. Daar is ook twee vragmotors, wat nie geregistreer is nie, gesteel en gebruik om goedere soos ‘n wa, van die plaas af te verwyder.

Opvolg: Verdagte in aanhouding vir Zonnebloem plaasaanval

‘n Voorbeeld van hoe die Toyota Land Cruiser lyk.

Die een is ‘n wit Toyota Land Cruiser (HJK 877 MP) met swart bosbreker, sleepstang en rolstaaf toegerus. Die Land Cruiser het ook ‘n swart yster staaf, sowat 10 cm bokant die bak, om die bak te beskerm.

‘n Voorbeeld van hoe die Toyota Hilux lyk.

Die tweede voertuig is ‘n wit Toyota Hilux (JWW 229 MP) met swart bosbreker en sleepstang.

Een ongeregistreerde vragmotor het ‘n platbakwa gehak en gery.

Die platbakwa wat gesteel is.

Terwyl nog ‘n vragmotor sonder papiere ‘n sy-tip wa gehak het.

Die kant-tip wa wat gesteel is.

Indien iemand die voertuie gewaar, kan hulle mnr. Anderson bel by 082 388 3777.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version