Dit is wat heroïne aan jong Suid-Afrikaners doen

Jarrid O’Connor (32) is gister op ’n sypaadjie in Boksburg gekry waar hy weens pyn nie kon beweeg nie.

Dié dwelmverslaafde, wat baie lank ook in Middelburg se strate te siene was, is vir etlike dae in ’n Boksburg provinsiale hospitaal vir absesse behandel. Die absesse was, volgens ’n familielid (wat anoniem wil bly) moontlik as gevolg van sy jarelange gebruik van die dwelmmiddel heroïne.

Vanoggend (Maandag) het hy kop onderstebo met sy kepsie in sy hand op ’n sypaadjie in Boksburg gesit en bedel.

Terwyl hy erge pyn in die hospitaal beleef het, het hy gesê hy wil na ’n rehabilitasiesentrum toe gaan.

Met sy ontslag verlede week, wou hy niks weet van die rehabilitasiesentrum nie en is, krukke en al, terug na ’n verkeerslig naby die East Rand Mall (Boksburg). Hy is op krukke, want hy kan sedert hy die absesse gehad het, ’n ernstige probleem met sy knie en kan dit nie buig nie.

Lees ook: Familielid vrees vir Jarrid se lewe

’n Familielid het hom gister gesien waar hy byna bewusteloos op ’n sypaadjie gelê het.

Daar is vir hom ’n kombers en baadjie gegee en daar is weer vir hom gevra of hy nie na die rehabilitasiesentrum toe wil gaan nie.

“Hy wou niks weet nie en het net gesê dat hulle hom by ’n nabye verkeerslig moet aflaai, want hy kan weens pyn nie soontoe loop met die krukke nie.”

Jarrid is gister (Sondag) op ’n sypaadjie in Boksburg gekry. Hy kon weens pyn aan sy bene nie loop nie. Hy het egternet gevra dat die persoon hom by ’n verkeerslig aflaai. Hy weier steeds om na ’n rehabilitasiesentrum toe te gaan.

Die familielid het hartseer gesê dat hy laat verlede week gevra het vir R150 “want hy kan kwansuis in die nag slaapplek kry in ’n tent by ’n karavaanpark. Hy het egter, soos gewoonlik, daaroor gejok. Die geld is gebruik vir dwelms!”

Sy familielid glo dat as hy nie besluit om die dwelms te los nie, dit sy dood gaan veroorsaak.

“Hoe gaan ons weet as hy iets oorkom? Hy kies om so te leef!”

Exit mobile version