Die woorde van Kokkie Smit wat voel dat kerke nie genoeg doen om die mishandeling van vroue te help bekamp nie.
Mense in die gemeenskap kan ook nie hul hande in onskuld was nie.
“Onthou julle die geval van die vyftienjarige seun wat sy ma met die vuis geslaan het? Almal wil hom regsien, maar het jy dalk al daaraan gedink dat hy dit by sy pa geleer het? Die pa wat sy ma mishandel het. Dan is jy dieselfde as sy pa as jy met aggressie reageer. Wees eerder sy rolmodel. Stel ’n voorbeeld. Bied aan om te help. Wees die Pa-figuur waarna hy kan opsien.”
Hy voel kerke én die gemeenskap moet hierdie vroue en kinders nie in die steek laat nie, maar hande vat om mishandelde vroue en kinders by te staan sodat hulle kan opstaan om die wêreld weer in die oë te kan kyk.