News

Grendel Geite en Goeters fotokompetisie!

Die Kleine Engele organisasie en Nadine Dutton Fotografie bied ’n fotografiekompetisie ten bate van die Hospicevereniging aan.

Die tema is “Grendel Geite en Goeters”, genaamd “#LockdownSelfie”.

Enige foto wat in hierdie grendeltydperk geneem is, kan ingeskryf word.

Inskrywings beloop R50 per foto.

Al wat jy moet doen om deel te neem, is om jou R50 inskrywingsfooi te stuur na: Middelburg Hospice, Absa, rekeningnommer 4049315662, takkode 63005, verwysing: GF (gevolg deur jou naam en van). E-pos jou bewys van betaling en goeie gehalte inskrywingsfoto na: grendelfoto@gmail.com of WhatsApp na 079 663 9302.

Die sluitingsdatum is op 30 Junie. Daarna sal die top 30 foto’s aan die beoordelaars gesetuur word en die wenners op 3 Julie aangekondig word.

•Pryse ter waarde van R12 500 is op die spel, waaronder ’n naweek vir vier persone by Riviersig en Rhenosterkop, ’n mini oormaak fotosessie, ’n familie fotosessie, geskenkbewyse en ’n blesbok.

Vir enige navrae, bel 079 663 9302.

 
Back to top button