News

Stem vir Ettienne en sy groot liefde

Jy kry romantiese mans, en dan kry jy vir Ettienne van Niekerk.

Ettienne se vrou Natasha hou van Loka (’n Suid Afrikaanse ontwerper vir ingeval jy nie geweet het nie) se klere. Dit was groot nuus in die Van Niekerk huis toe Loka se uitrustings uiteindelik in ’n winkel in Middelburg hang. Ettienne is, natuurlik, soontoe om vir sy vrou ’n paar kledingstukkies te koop.

Toe hy uitvind dat daar ’n Valentynskompetisie is, het Ettienne besluit om moue op te trek en in te skryf, sonder dat sy vrou daarvan weet. Die Van Niekerks het juis met Valentynsdag, 13 jaar gelede, verloof geraak.

Tussen al die vroulike inskrywings, was daar een doring (Ettienne jou doring!) wat sy hart oopgemaak het en skaamteloos van die liefde vir sy vrou vertel het.

Hy het vertel van hul eerste ontmoeting, toe hul net 18 was in 2002, by die Middelburg Fees. Dit was liefde, of liewer hoendervleis, met die eerste oogopslag.

Ettienne was so verlief dat hy vergeet het om ’n nommer te vra! Gelukkig is Middelburg net so groot en met baie speurwerk, en SMS geld van sy persoonlike bank (sy ouers) kon hy kontak maak.

Toe hy Natasha se ouers vir die eerste keer ontmoet het hy seker gemaak dat hulle van hom hou. Daar het ’n reuse stuk pizza op sy nooi se skoot beland maar in plaas daarvan om te skaterlag, soos ’n tienerseun sou, het hy haar besorg bygestaan.

Lesers wat vir Ettienne wil help om hul verlowingsherdenking hierdie jaar ekstra spesiaal te maak deur ’n prys vir sy vrou te wen, kan na die Loka (@lokaliefdielewe) Facebookblad toe gaan, soek vir Finalis 4, en stem vir sy storie deur ’n rooi hart vir liefde, nie die blou duim vir like nie, te gaan kliek.

Die kompetisie sluit Donderdag 6 Februarie om middernag.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button