Muller Steyn se lewe word gevier deur familie, geliefdes

“Muller was authentic”. Muller Steyn, die jong seun wat in Mosambiek verdrink het, se lewe is gevier deur familie en vriende by Corpus Christi-gemeente in Aerorand. 

Muller was geliefd. In die 17 jaar en nege maande wat hy geleef het, het hy diep spore getrap, nie net in sy gesin nie, maar ook in baie mense wat oor sy lewenspad gekom het.

Dit het deurgeskemer in briewe voorgelees deur sy nefie, Larnus Steyn, die bedankings gedoen deur sy oom Lars Steyn en ook die boodskap gelewer deur pastoor Danie de Kock, wat hom persoonlik geken het.

Pastoor De Kock het ’n boodskap van hoop aan die ouers gegee. Hy het uit 1 Korintiërs 13 gelees waarin Paulus skryf dat ons nou in ’n dowwe spieël kyk en dinge net vaagweg sien maar dat ons eendag dinge duidelik sal sien en ten volle sal verstaan.

Muller is beskyf as ’n goeie vriend, wat vir baie meer as familie eerder as net ’n vriend gevoel het. Hy was ’n stil leier wat soms baie en soms min gepraat het, en altyd daarin geslaag het om ’n glimlag op ander se gesigte se sit.

Pastoor De Kock het gesê dat 29 Desember vir Muller “die beste dag van sy lewe was”.

“Daar is ’n gesegde wat sê ons almal wil hemel toe gaan maar niemand wil doodgaan nie,” het pastoor De Kock gesê.

Hy het die familie vertroos deur te sê dat al verstaan mens dalk nie nou die raaisels in die lewe nie, hulle moet vashou aan die wete dat die Vader in beheer is en dat Hy vir hulle skuiling bied.

Hy het ook gepraat van Dawid, wat drie seuns aan die dood afgestaan het, maar steeds in Psalm 23 skryf dat goedheid en guns hom al die dae van sy lewe sal volg. Pastoor De Kock het gesê dat iemand dit net kan sê as hulle ’n Herder het wat hulle deur doodskadu’s bystaan.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version