R10 000 beloning om motorfiets terug te kry

’n R10 000 beloning word aangebied vir enige inligting wat sal help om ’n gesteelde motorfiets en fiets terug te kry.

Die motorfiets en fiets is gister (20 Augustus) in die vroeë oggendure in AG Visserstraat (Gholfsig) gesteel.

Me. Letitia Kruger sê die boewe moes tussen 02:00 en 05:00 in haar erf gewees het, want sy het kort voor 02:00 eers gaan slaap.
Die booswigte het toegang verkry tot die erf deur die hek van die spoor af te tel en oop te skuif.

Daarna het hulle by die lang oprit ingegaan, ook ’n middelste hek langs die huis oopgeskuif en die motorfiets en fiets uit die motorhuis gesteel.

Lees ook: VIDEO: Three suspects loose after break-in

Wat haar dronkslaan, is dat haar twee groot boerboele, wat by haar in die kamer geslaap het, nie wakker geword het nie. Die diewe het langs haar kamer verbygeloop na die motorhuis en weer uit.

Die motorfiets se battery was pap en hulle moes dit stoot. Sy het gemeld dat hulle die voetspore en spore van die motorfiets gevolg het tot by die substasie in Totiusstraat. Daar het ander voertuigspore aangedui dat die motorfiets en fiets opgelaai is.

•Dit is ’n KTM 990 Super Duke swart en oranje motorfiets, registrasienommer JVF603MP.

•Die fiets is ’n rooi en swart Raleigh bergfiets.

•Inligting kan deurgegee word aan me. Kruger by 082 874 6212.

•Daar was ook ’n huisroof op Marble Hall en ’n wit Opel Corsa met registrasienommer DHX 321 L is gesteel.

 

 

 

Lees meer oor Annica van Staden:

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

Van Staden out on bail

Former Middelburg estate agent behind bars in Cape Town

Mike Bolhuis: “Van Staden a super-crook”

 

 

 

Ander nuus:

Van Staden langs Vaalrivier gearresteer

Koeie wreed doodgetrap na veediewe hulle saam op waentjie druk

Daar is hoop met so Lily

Ouetehuis besoeker was uit op parool

 

 

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Exit mobile version