Man sê daar is nié toldraaie gemaak

Die man wie se bakkie Saterdag in die dam beland het, het www.mobserver.co.za gebel en gedreig.

“Julle was nie daar nie en weet nie wat gebeur het nie! Daar is nié toldraaie gemaak nie!” het hy kwaad geskree (met verskeie kragwoorde tussenin).

Www.mobserver.co.za het mnr. Jonathan Gumley vanoggend gebel om uit te vind wat gebeur het. Hy het gesê dat dit nie hy was nie.
Ooggetuies het gesê dat die wit bakkie toldraaie gemaak het, voor dit in die dam beland het.

Pas nadat dit op die webtuiste gebruik is, het mnr. Gumley teruggebel en gesê dat die foto’s en videomateriaal afgehaal moet word.

Daar is vir hom gesê dat hy dan die oggend gesê het dat dit nie hy was nie, waarop hy (weer met talle vloekwoorde geskree het: “dit maak nie saak of dit ek, my ma of my ouma was nie!”).

Mnr. Victor Boshoff, was die eerste om die bakkie Saterdagmiddag te sien.

Lees ook: Swem bakkie, swem! Die bakkie wil nie swem nie!!!

Hy en sy vrou was vanaf die dam op pad om foto’s by die treinbrug te gaan neem en het by die damuitgang gestaan om links te draai.

“Die bakkie het op ’n hoë spoed by die dam se ingang ingery en byna in óns vasgery. Hy het soos ’n besetene gery! Ons kon sien dat daar ander jongmense in die voertuig was. Daar is kinders by die dam wat stap en met hul fietse ry. Hy kon een van hulle raakgery het!”

Mnr. Mark Salzwedel sê hulle was by die dam toe die wit bakkie met ’n “hoë spoed” van die ingang se rigting ingery kom.

“Waar jy links draai om na die visvangkant toe te ry, het hy al die voertuig gedrift. Ek het nog vir hom geskree: ‘ry stadiger, hier is kinders!”
Mnr. Salzwedel sê hy en verskeie ander mense het daarna gesien hoe die bakkie na die area by die inloop jaag en ’n toldraai maak.

“Die voertuig het een omwenteling gemaak en dit het gelyk asof hy besig is met ’n tweede een, toe hy die voertuig verloor. Daar is nie traksie nie, want dit is turfgrond en die bakkie het in die dam beland.”

Mnr. Salzwedel het op ’n stadium gesien hulle sukkel om die bakkie uit te haal en het nadergegaan en aangebied om die bakkie uit te sleep met sy wenas.
Een van die ander helpers het hom egter gevloek en gesê dat sy voertuig en die wenas nie die bakkie gaan uitkry nie.

Toe dit later donker word en die groep sukkel steeds, was hy een van die persone wat sy voertuig se ligte aangesit het, sodat hulle kon sien wat hulle doen.

 

 

 

 

 

Ander nuus:

 

Ma dankbaar dat hulle leef na sy en dogtertjie in Middelburg rooftog raak geskiet is

Lily Mtsweni se merkwaardige pad na bo

Seuns vloek bejaarde in padwoede insident

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version