KYK – Motorhuis in vlamme terwyl egpaar rugby kyk

’n Motorhuis het Saterdag onverklaarbaar aan die brand geraak in Zuidstraat.

“Middelburg se brandweer is tops, want binne minute vandat ek gebel het, was hulle daar en het die brand geblus,” het me. Leo Whitfield gesê.

Sy sê sy en haar man, Ray, was omstreeks 17:00 besig om rugby te kyk, toe hulle eers hul hondjie en later die bure se honde hoor blaf.

 

Me. Whitfield sê die oomblik toe sy buite kom (omstreeks 17:15), het sy gesien die rook borrel by die luggaatjies van die motorhuis uit.

Sy het dadelik haar broer, Gert Human (by wie hulle die huis huur), gebel, en sekondes later die brandweer ontbied.

Me. Whitfield sê hulle het die motorhuisdeur probeer oopkry om die tuinslang uit te haal, maar dit was reeds beskadig met die brand.

Teen hierdie tyd het talle inwoners in die straat, asook noodgroepe, die brandweer en paramedici van ER24 opgedaag.

Sy het bewerig gevoel weens die skok en paramedici het haar bloeddruk en hartklop geneem om seker te maak alles is reg.

•’n Voertuig, wat naby die motorhuis gestaan het, se bestuurderskantruit is gebreek sodat dit weggestoot kon word, om seker te maak die brand versprei nie na die voertuig nie.

•Niemand is tydens die brand beseer nie en Middelburg Brandweerlede is vanoggend na die huis vir ’n ondersoek om te bepaal wat die brand kon veroorsaak het.

 

 

 

 

Ander nuus:

VIDEO: Swem bakkie, swem! Die bakkie wil nie swem nie!!!

Man kritiek na kar deur muur ry

Ma dankbaar dat hulle leef na sy en dogtertjie in Middelburg rooftog raak geskiet is

Lily Mtsweni se merkwaardige pad na bo

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version