@OnsIsDankbaar – #DankieVirMamma – #DankieVirPappa – #DankieSussie – #DankieLiefie – #DankieGroteKoning – #DankieJesus!: Sê ma na sy en dogtertjie (7) in transitoroof gewond word

Kort na haar getuienis oor God se guns, na ’n siektestryd, het ’n swanger me. Mariska Griffin haar Vrydag midde in die transitorooftog by Midwater Engen met haar twee kinders Elmoné (7) en Ruhard (3) bevind.

Sy en haar kroos het net vinnig by die vulstasie gestop, om klein Ruhard se fietswiel te pomp, toe ’n bende rowers skielik op die G4S sekerheidsvoertuig by die vulstasie begin losbrand het, in ’n bloedige transitoroof wat die lewe van ’n onbekende man geëis het.

Me. Griffin sê dat sy en haar kinders besig was om die fietsie in die bagasiebak te laai, toe die skote om hulle losbars.
Beide sy en Elmoné is tydens die skietery in die been gewond.

Lees ook: Civilians shot in CIT heist

“Ek het net oral sien mense hardloop en Ruhard en Elmoné tussen my en die kattebak probeer indwing na veiligheid,” herroep me. Griffin die angservaring.
’n Skielike brandpyn in haar been, het haar laat besef sy is gewond.

Intussen kon sy daarin slaag om die kinders by die motor in te kry, waar hulle op die grond plat gaan lê het.

“Nadat alles stil geword het, het Elmoné geskreeu ek is ook geskiet mamma, waarna ek my vinger in die bloeiende gat in haar been gedruk en geskreeu het vir ambulansbystand.”

Lees ook:  Update: Man shot in Midwater heist succumbs to his wounds

Binne sekondes het hulpvaardige inwoners haar en die kinders omring terwyl haar suster en swaer, Andrea en Willem Cilliers, ook by die toneel opgedaag het.
Die Cilliers egpaar het me. Griffin en haar kinders hospitaal toe gejaag “uit vrees dat nooddienste eers na die ergbeseerdes sou omsien”.

Op dié stadium was Elmoné histeries en het Ruhard begin opgooi van die skok.

“By die hospitaal het almal ons dadelik te hulp gesnel, en my man Wynand en “kosbare mamma” Elsabe Steyn kon hand bysit om Elmoné te kalmeer.

Lees ook: Watch: Armed robbers open fire on unsuspecting civilians

Daar is dadelik plate geneem wat gewys het dat nie ma of dogter ’n projektiel in die been gehad het nie, maar net ingangswonde.
Daar is wel verskeie stukke skrapnel in beide se bene gevind met geringe weefselskade wat aangerig is.

“En die kinders se babasussie in my maag lyk ook heel goed na die voorval, God se genade is groot, so oneindig groot!”.
Beide me. Griffin en Elmoné is dieselfde aand ontslaan met antibiotika en pynmedikasie.

Hul voertuig was egter vol koeëlgate na die skietery, “as ons binne die kar was sou ons dit nie lewendig uitgemaak het nie,” sê me. Griffin.

“Ons was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek, maar God het ons gespaar,” getuig ’n dankbare me. Griffin.

 

 

 

 

Lees ook:

Nagwedloop by CR Swart

Potjiekos- en boerewors kampioene gesoek 

Pappa aap dink ‘mammegaai’ is ‘n vrytjie

Stoffbergpad eis nog ‘n lewe

 

 

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version