Seuns vloek bejaarde in padwoede insident

Drie jong mans het ’n vrou só erg gevloek en tekens vir haar gewys, dat sy nou te bang is om te bestuur.

“Ek het die Here gevra om hulle te vergewe. Ek hoop nie daardie mans praat ooit in hul lewe so met hul moeders of oumas nie!” het me. Susie Nel (68) omgekrap gesê.
Sy het Sondagmiddag omstreeks 15:30 vanuit Kareestraat regs gedraai in Proteastraat (Kanonkop) om dorp toe te ry.

Volgens me. Nel het sy net ’n klein entjie gery, toe daar skielik ’n voertuig op ’n hoë spoed agter haar inbeweeg en aanmekaar sy toeter blaas en vir haar ligte wys.
Gedagtig daaraan dat daar dalk fout kan wees met haar voertuig, het sy dadelik gestop.

Die kar agter haar het egter langs haar inbeweeg en sy kon drie jong mans in die voertuig opmerk. Hulle het vir haar kru tekens met hul hande gewys en die bestuurder het haar geweldig gevloek.

“Hy het geskree: ‘ry net jou f…n p…s!”

Me. Nel het weer haar kar aangeskakel en gery tot waar ’n mens links kan draai dorp se kant toe. Sy moes stop vir aankomende verkeer en het opgemerk dat die mans regs gaan draai op die Loskopdampad.

“Hulle het my aangehou vloek en steeds handgebare gemaak.”

Me. Nel se seun, Kobus, het net ’n entjie agter haar gery en sy het vir hom gewag en vertel wat gebeur het.

“Ek was só ontsteld en geskok. Ek het niks verkeerd gedoen nie en verstaan nie waarom hulle so tekere gegaan het nie. Ek hou altyd by die padreëls. Ek is nou te bang om iewers heen te ry!”

 

 

 

 

 

Lees ook:

Nagwedloop by CR Swart

Potjiekos- en boerewors kampioene gesoek 

Pappa aap dink ‘mammegaai’ is ‘n vrytjie

Stoffbergpad eis nog ‘n lewe

 

 

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version