News

Pappa aap dink ‘mammegaai’ is ’n vrytjie

Charlie, ’n Capuchin apie, het vanoggend gesorg vir aapstreke in Morkelstraat.

’n Inwoner het gebel en gesê daar is ’n aap in sy motorhuis wat paniekerig rondspring, want hy is bang vir die honde.

Mnr. Bernard van der Berg (voorsitter, Middelburg DBV komitee) was eerste op die toneel, waar hy dadelik vir Charlie herken het.
Charlie behoort aan me. Yolanda Eloff.

Sy sê dit is die tweede keer in twee weke wat die knapie sy hok oopgebreek het om uit te kom vanaf hul huis in Suidstraat.

Hy is sowat vier jaar oud en maak kenmerkende geluide. Een van die bure in die omgewing se papegaai het onlangs die geluide begin namaak.
Dit is waar die krisis inkom. Charlie dink waarskynlik die papegaai wat sy geluide namaak, is ’n wyfie en die mannetjie wil, uhm…gaan ‘kuier’.

Me. Eloff sê Charlie se handjies is verskriklik sterk en dat hy die plekke waar die hok se drade vasgesweis was, losgebreek en uitgekom het.

•Charlie was baie bly om me. Eloff se seun, Ludré Hoyer (16) te sien en het dadelik in sy arms gespring toe hulle die motorhuisdeur oopmaak.

 

 

 

 

 

Lees ook:

KYK: Spoke laat prostitute en inbrekers vlug

Vroue se pleidooi aan dogter: ‘Kontak ons dringend’

Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers

 

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button