KYK: Spoke laat prostitute en inbrekers vlug

Daar is ’n oplossing teen aanvalle en misdaad by huise en plase: Spoke!

En hierdie ‘spoke’ laat koue rillings teen jou nek afglip. Vra maar die prositute en kwajongens wat die afgelope paar weke weggehol het in Klipstraat, wat berug is vir sy ongure bedrywighede.

In die nag kan niemand die gedaante langs die hoek van die huis miskyk nie. Hy hou dan ’n lampie vas? Eers as jy uit nuuskierigheid naderstaan, dan sien jy die gedaante het nie ’n gesig nie!
Jo Smith maak die spoke op versoek van mense wat gure karakters uit hul erwe wil hou.

Van gesiglose spoke met swaarde, tot dié met ’n brandende lampie in die hand en gedaantes (met rooi oë) wat lyk of hulle uit die grond uit kruip.
Twee van Jo se spoke gaan selfs weerskante van ’n hek by ’n plaas opgesit word om boosdoeners die skrik op die lyf te jaag.

Jo is eintlik bekend vir die tuinornamente wat hy bou, maar sê die gedaantes is nou baie meer gewild.
So tussendeur maak hy steeds tyd om die ornamente en fonteine vir sy gereelde kliënte ook te bou.

•Middelburgers neem die leiding om kwaaddoeners uit hul erwe te hou. Net nou die dag is daar ook berig oor die doodskis in Springbokstraat, en ’n opgemaakte skrikkop agter in die erf, wat diewe laat spaander.

•Vir enige ornamente of spoke, bel Jo by 084 531 0044.

 

 

 

 

 

Lees ook:

Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers

Haweloses die teiken van sadiste

Mans in glimbaadjies agtervolg vrou

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

Exit mobile version