Beeste en hoenders in rivier gestort

Karkasse van beeste en hoenders wat in die Selonsrivier gegooi is, veroorsaak ’n onhoudbare stank.

Klagtes is ontvang van boere op die Maleoskop/Avontuurpad wat afgekom het op die karkasse in die rivier.

Die rivier voorsien verskeie boere in die omgewing van water vir besproeiing en vloei ook na Groblersdal waar dit as drinkwater gebruik word.

Die Selons rivier.

Met ’n besoek van www.mobserver.co.za is van die karkasse verwyder, maar daar was steeds oorblyfsels van die karkasse op die rivieroewer, asook vere en beesvel binne die rivier.
Wanneer die eerste reën begin val, sal dié afval die area verder besoedel en in die rivier afspoel.

Lees ook: Bloed loop in strate af

•Die bestuurder van Mbidi Lodge, mnr. Reghardt Schäfer, sê dat een van die werknemers by Dikwena Lodge sonder die bestuur se wete die karkasse in en naby die rivier gestort het.
Beide Dikwena en Mbidi Lodge vorm deel van Ramela Ranch.

Die probleem is verlede week onder Dikwena Lodge se aandag gebring en hulle het begin om die karkasse en afval te verwyder.

Die afskot besoedel die rivier wat water voorsien aan boere.

Mnr. Schäfer sê dat Dikwena en Mbidi Lodge hul eie stortingsterrein het, waar alle vullis en karkasse heen gevat moet word om toegegrawe of verbrand te word.
“Ek kan nie sê hoekom een van die werknemers besluit het om die karkasse in die rivier te stort nie. Al wat ons kan sê is jammer en dat ons besig is om die probleem op te los. Ons is besig om soveel moontlik van die karkasse te verwyder uit en rondom die rivier,” sê mnr. Schäfer.

Teen Woensdag was werknemers van Dikwena en Mbidi Lodge steeds besig om van die karkasse te verwyder en uit die rivier te haal.
Mnr. Schäfer sê dat die lodge reeds besig is om dissiplinêre stappe te neem teen die werknemer wat dié probleem veroorsaak het.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Exit mobile version