News

Plaasaanval slagoffer ‘huil bloed’

Een van die bejaarde vroue wat tydens ’n plaasaanval onder andere met sambokke geslaan is, “huil bloed”.

“Sy lyk erg. Haar ou traantjies is ene bloed, nie skoon traanwater nie, maar bloed wat uitloop. Haar ogies potblou geslaan en dik geswel, bloedrooi binne.”
So vertel ’n vrou wat Gina Otto in die Life Midmed Hospitaal gaan besoek het.

Haar boodskap onder die opskrif “ervaring van ’n plaasaanval” word wyd op sosiale media versprei.
“Sy was alleen en ek, my vriendin en sussie het dit goed gedink om te gaan hoor of daar enige iets is wat ons vir haar kan koop omdat sy nie van Middelburg af is nie.
“Haar keel is rou binne want die een het bo-op haar gesit en haar gewurg.”

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/84155/plaasaanval-aanvallers-dreig-jy-moenie-weer-terug-plaas-toe-nie/

Die plasing brei dan uit oor hoe die aanval plaasgevind het.
“Die twee tannies het vreeslik gebid en die bloed van Jesus oor hulle gepleit. Sy sê sy het gehoor hoe tannie Moeka haar laaste asem uitblaas. Sy het gevra ‘hoekom Here’ en toe vir ons vertel dat sy nou vir haarself moet baklei want tannie Moeka is doodgeslaan.”

Lees ook: Opvolg: Plaasaanval – Vroue met sambokke geslaan

Daar word vertel dat die een aanvaller “het ’n band om tannie Gina se oë gebind, sy sê dit was die seerste seer want dit het gevoel of haar oë agter in haar kop inval so styf het hy die band gemaak, met die het die tannie bly bid, later in tale gebid dat die man sê sy moet stilbly en toe gaan sit hy bo-op haar en begin haar wurg. Sy sê sy het gevoel sy gaan dood, sy het gedink dis nou hier waar sy haar laaste asem gaan uitblaas, maar toe baklei sy terug en kon sy sy hande van haar nek afkry.

“So verduidelik die tannie vir ons dat sy kalm geraak het maar steeds bly bid het. Toe vra die man vir meer geld, sy maak toe of sy deurmekaar geslaan is. Sy sê toe vir hulle hoe moet ek onthou waar is die geld, kyk hoe het julle my dan geslaan. Ek is oud, ek kan nie onthou nie. Sy vra hom toe wat is daai daar agter jou, die man draai om en kyk, hy antwoord dat daar niks agter hom is nie, sy sê toe kyk weer, daar staan ’n engel agter jou.

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/84106/video-beide-plaasaanval-slagoffers-nou-hospitaal/

“Weereens sê sy maar ek kan nie onthou waar het ek die ander geld gesit het nie, kyk hoe is ek geslaan, ons sal nou moet bid sodat ek kan onthou. So staan sy en die twee aanvallers voor haar en sy begin bid. Klaar gebid vra sy vir die man het hulle saam gebid, albei sê ja hulle het gebid, so sê sy maar sy kan steeds nie onthou waar is die geld nie, hulle moet weer bid en hulle bid weer. Die een raak toe ongeduldig en gaan haal haar strykyster en sê toe vir haar dat as sy nie nou die geld gaan haal nie, gaan hulle die yster warm maak en haar begin brand.”
Volgens die hospitaal besoeker het me. Otto nog geld gaan haal waarmee die aanvallers tevrede was.

Die mans het vir hulle gaan koffie maak, me. Moeka Gravina in die sitkamermat opgerol en die bloed van die vloere afgewas.
Abei die vroue is in ’n kar geboender.

Opvolg: Plaasaanval – vermisde vrou lewend gevind

“Die tannie sien toe deur die sloop oor haar kop dat hulle die afdraai Lydenburg toe vat. ’n Ent verder stop die kar en sy voel hulle trek tannie Moeka onder die mat uit en gooi haar uit die kar. Sy begin weer bid en vra die Here wat nou, Hy moet haar help want sy is sekerlik volgende, hulle gaan haar nou doodmaak. ’n Paar kilometer verder stop hulle en gooi haar by ’n bultjie af. Sy sê die gras was gebrand en dit was so seer toe sy daar afrol oor die hargebrande gras en sy kan nie keer nie, want haar hande en voete is vasgebind met die sloop nog oor haar kop getrek.

“So lê sy ’n rukkie en vra die Here hoekom het dit gebeur. Sy bid dan elke aand vir Sy beskerming oor haar, haar huis en die diere, hoekom laat Hy dit dan nou gebeur. Terwyl sy sukkel om haar hande los te wikkel en toe haar voete los maak, besef sy maar die Here het haar beskerm. Sy lewe nog

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/84100/plaasaanval-vroue-gemartel-een-steeds-vermis/

Me. Otto het vas geglo haar vriendin is doodgemaak.
“Met ’n wonderwerk en genade van Bo het hulle tannie Moeka lewend gekry.”

 

Lees ook:

 

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe!

Die ‘Konon’ in Kanonkop

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button