News

Dertig jaar tronk toe oor dwelms

'n Inwoner van Marble Hall, wat meer as twee jaar gelede in 'n dwelmstrik getrap het, is tot dertig jaar gevangenisstraf gevonnis vir dwelmsmokkelary.

Mariska van Schalkwyk (29), is in Februarie 2016 op die Kuala Lumpur internasionale lughawe in Maleisië gearresteer, in besit van kokaïen. Dit was net ‘n maand voor nog ‘n Marble Hall inwoner, Michael Amos (30), in Hong Kong op dieselfde klag as Van Schalkwyk gearresteer is.

Lees ook: Paartjie beide dwelmmuile

Die Malay Mail Online het in 2016 berig dat ‘n 28-jarige meisie van Suid-Afrika deur doeanebeamptes in hegtenis geneem is na haar aankoms vanuit Dubai by die Kuala Lumpur lughawe.
Kokaïen wat 3,11kg weeg, was soos sjokolade toegedraai en versteek in vier sjokolade blikke.

Die blikke is onder vyf ander blikke met regte sjokolade in, weggesteek. Die 166 pakkies kokaïen se waarde is ‘n beraamde MR622 00 (Maleisiese Ringgit) of R2 280 964 as dit na ons plaaslike geldeenheid omgeskakel word.

Lees ook: Michael gevonnis in Hong Kong

Nadat Van Schalkwyk verskeie kere in die hof verskyn het, het die hof aanbeveel dat ‘n suiweringswas vir die kokaïen gedoen word. Dit het teruggekom as 3,1kg en nie die 3,11kg waarmee sy aanvanklik gevang is nie.

Volgens wetgewing in Maleisië kon Van Schalkwyk lewenslange gevangenisstraf of die doodstraf opgelê word.

Sy sal 27 jaar en vyf maande moet uitdien, nadat die bykans drie jaar afgetrek word vir die tyd wat sy in hegtenis was.

Lees ook: …én jy gaan verantwoordelik wees vir sy oordosis

Van Schalkwyk se prokureur het probeer om die dwelmsmokkelary saak teen haar te verander in ‘n klag vir die besit van dwelms, aangesien die vonnis dan ligter sou wees. Dit was egter onsuksesvol.

Mariska se ma, Charmaine Nortje (woonagtig in Marble Hall), het tydens ‘n onderhoud gesê dat die laaste wat sy van haar dogter gehoor het, is dat sy steeds in die Kajang staatsgevangenis vir vroue aangehou word.

Lees ook: Sonia se verhaal, en die nege vriende wat dood is

Lees ook:

Pa onderskoek na brand huis verwoes

Hondjie in draadhok aangehou

Blondekop wou glo man laat vermoor

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button