Familie worstel tweede nag met vrae oor verdwene vrou

Wat het geword van die mooi jong vrou wat Dinsdagoggend gesê het sy gaan werk toe, maar spoorloos verdwyn het.

Melissa Marais (28) het kort na 07:00 die oggend haar verloofde, Pieter Gouws, gebel en gesê sy gaan werk. Sy het nie opgedaag vir werk nie en haar foon is ook sedertdien af.
Mnr. Gouws het gedink sy sal dalk na haar ouers in Middelburg Kaap toe ry, maar hulle het laat weet at sy ook nie daar opgedaag het nie.

Lees ook: Missing persons report

•Melissa se hare is ligbruin/blond, sy het groen oë, is 1.84 m lank en sy weeg sowat 77 kg. Sy het verdwyn in hul silwergrys Nissan Juke, registrasienommer HTM953MP.

Lees ook: Kommer oor vrou wat gister verdwyn het

•As iemand haar of die voertuig opmerk, bel Maureen Scheepers (SACCW – South African Community Crime Watch) by 082 565 6770, David Wessels (SACCW) by 072 777 3012 of die Middelburg Polisie by 013 249 1600.

Lees die opvolg hier: Nuusflits – Vrou gevind

 

Lees ook:

Pumas se sukses in ‘n voorbeeld van eendrag maak mag

Geen heenkome vir misbruikte kinders

Kaptein Booyse die kroek

 

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version