Verkeer kruie in digte rookwolke

’n Kettingbotsing het reeds in digte rook op die N4 plaasgevind na ’n veldbrand en motoriste moes die afgelope week weer digte rookwolke aandurf op die besige hoofroete.

Nou waarsku die Groter Middelburg Brandbeskermingsvereniging jy moet ‘n permit kry alvorens jy ‘n voorbrand wil maak.

Mnr. Rudolph Uys (brandbeskermingsoffisier) sê dat alle voorbrande voor 31 Julie klaar moet wees. Daarna is daar ‘n totale brandverbond om vure te maak.

Lees ook: #TrafficUpdate: Multi car pile-up on N4 near Middelburg tollgate 

Boere moet steeds ‘n permit hê alvorens hulle ‘n voorbrand kan maak.

Mnr. Uys sê dat permitte ook net uitgereik kan word na gelang van die weersomstandighede. Boere wat aansoek doen vir permitte, sal ingelig word of hulle op ‘n betrokke dag kan voorbrande maak, al dan nie.

Lees ook: 18 vehicles collide in smoke

Vir navrae en aansoeke vir permitte, bel mnr. Uys by 082 308 7306 of mnr. Helgaard Muller (voorsitter, brandbeskermingsvereniging) by 074 601 3753.

 

Lees ook:

Road rage ends with murder

Windmill accident claims a boy’s life

Balju baklei om lewe en dood

Dit is winter en die damvlakke moet daal?

Two alleged robbers arrested

 

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version