EntertainmentLifestyleNews

Helikopterritte by Buiteleweskou

Een van die omgewing se gewildste byeenkomste is die jaarlikse Buiteleweskou wat vanjaar op 4-5 Augustus by De Voetpadkloof aangebied word.

Meer as 10 000 mense word verwag.
Twee van die organiseerders, mnre. Koos Kleinsmith en Frans van Dyk, sê dit sal die grootste skou nóg wees. Daar word 150 uitstallers verwag met 95 wat reeds hul plekke bevestig het.

Die nuwe waterpark by De Voetpadkloof sal teen die tyd van die skou reeds voltooi wees.
’n Nuutjie op die program is die helikopterritte.

Die Sondag (5 Augustus) kan vier persone vanaf De Voetpadkloof na Alberton (Rand Airport) vlieg vir slegs R1 000 per kaartjie.
Vele sangers sal sorg vir vermaak en is daar ’n groter ontspanningsarea waar die musikante gaan optree.
Van tente tot trekkers, flitse tot biltong en natuurlik al die motorhandelaars en kosstalletjies gaan uitstal.

Vir enige verdere navrae bel Koos by 071 678 1314 of Frans by 082 920 4379.

 

Lees ook:

VIDEO: #TrafficUpdate – Protesters block Hendrina, Bethal roads

Polisiemanne sit – verdagte vat die pad

Mike Bolhuis: “Van Staden is a super-crook”

 

 

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons Youtube Kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button