News

Duur petrol nou gesog vir diewe

Met die prys van petrol wat die hoogste in die geskiedenis is, is dit nie verbasend dat diewe die gesogte voggies teiken nie.

Diewe slaan nou in die nag toe met emmers, sny die petrolpyp af en tap die petroltenk leeg.
‘n Moedelose me. Miemie Smit kon nie glo dat boewe net twee dae nadat sy gevind het haar kameratoerusting is gesteel, wéér toegeslaan het nie – dié keer om petrol te steel.

Op 25 Mei het ‘n goedgeklede man en ‘n vrou met ‘n Conquest voor hul huis gestop en gemaak asof hulle die Smit-egpaar ken.
Die man het die tuinwerker besig gehou en die vrou is saam met die huishulp die huis in. Sy het gevra dat sy dringend vir die eienaar van die huis ‘n brief moet skryf en dat die huishulp vir haar ‘n pen en papier moet bring.

Op hierdie selfde tyd het die man buite vir die tuinwerker gevra om vir hom ‘n glas water te kry.
Hulle vermoed dat die twee diewe blitsig toegeslaan het terwyl die twee werkers die papier en water gaan haal het.
Met haar tuiskoms die middag, het me. Smit eers van die voorval gehoor en hul werkers oor die vingers getik, omdat hulle die twee in die erf toegelaat het.
Hulle het die huis deursoek, maar het net ‘n selfoon vermis.

Verlede Vrydag moes me. Smit foto’s gaan neem, maar toe sy haar kamerasak optel, het sy die skok gekry dat haar kamerasak leeg is.
Die twee diewe het die kameratoerusting van meer as R60 000 uitgehaal en die sak presies teruggesit soos hy gestaan het.
“Ek het 14 jaar aan al daardie toerusting betaal!” Daar was onder andere twee Canon kameras met standaard lense, asook ander lense, waarvan ‘n 70-200 f2.8 USM lens. Laasgenoemde alleen het R30 000 gekos.

•Sondag omstreeks 04:00 is hulle uit die slaap gewek met ‘n snaakse geluid wat ‘n hond gemaak het.
Hulle het deur die venster gekyk en gesien dat iemand op sy maag rondseil by hul voertuie.
Haar man, Hein, is na buite en het by die hek van die afdak gaan wag. Syself het na buite gestorm met ‘n besem.

Die booswig het ‘n half vol kan na mnr. Smit geslinger, wat op sy beurt vinnig moes koes. Vandaar het die boef deur ‘n gat in die draad gespring en gevlug.
Met nadere ondersoek by die voertuie, het hulle gevind dat twee van die drie voertuie by die afdak se petrolpype afgesny is.
Twee en ‘n half vyfliter bottels was reeds gevul met petrol, wat uit die een voertuig se stukkende petrolpyp geloop het.

Omdat hulle die dief gepla het, kon hy nie die ander houers vul nie en mnr. Smit se Hyundai I10 se vol petroltenk (wat hy net die vorige dag volgemaak het) het op die grond uitgeloop.
Hulle het in totaal nege vyfliter kanne by die voertuie gevind, wat die petroldief wou vul.

 

Lees ook:

Major General among N4 casualties

Mike Bolhuis: “Van Staden is a super-crook”

Golf bars deur kollege heining

 

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons Youtube Kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button