Waar is ‘Jerry’ met die kan?

Wat het geword van die “Jerry Botha’, die man met die leë kannetjie wat tussen 2002-2004 hom voorgedoen het as ’n veearts en wat te vertel gehad het dat sy bakkie gaan staan het met vyf elandjies agterop?

Iemand wat ou koerante uitgegooi het, het die berigte aangestuur vir me. Anita Myburgh, wat dadelik haar broer, “Jasper Frederick Botha”, onder almal ook bekend as Jerry, herken het.
Sy het haar broer 35 jaar gelede by die Zimbabwe grens gegroet toe hulle daar gaan bly het. Sy het hom nooit weer gesien nie.

Me. Myburgh weet die stories wat hy destyds vir mense vertel, is ’n liegstorie, maar sy gee nie om nie, sy wil net weer haar broer opspoor. Sy bly nou in Meyerton en wil met hom kontak maak.

Jerry het die land in rep en roer gehad toe hy vir maande langs hoofweë gestap het met sy kannetjie en die hartseerstorie van die elandjies wat gestrand is. Besorgde motoriste het aanvaklik hulle hande diep in hulle sakke gesteek, totdat agtergekom is die hele elandjie verhaal is ’n bogstorie.

’n Fotograaf van www.mobserver.co.za het Jerry een laatnag langs die N4 gekry met sy kannetjie. Hy het die elandjie storie herhaal, maar met sy bonkige lyf die hasepad gekies toe ’n kamera tevoorskyn kom.

Daarna is hy nooit weer gesien nie.
Sy vra Jerry, of enige persoon wat weet waar Jerry hom moontlik bevind, om haar dringend te bel by 084 990 0403.

 

Lees ook:

Mike Bolhuis: “Van Staden is a super-crook”

Three officers arrested

N4 crash update – scene cleared

Golf bars deur kollege heining

 

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons Youtube Kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version