News

Vermeende huisrower eerste keer in hof

Die rower wat op 21 April in Bothasbergstraat tydens 'n huisbraak gewond is, het vir die eerste keer in die hof verskyn

Die rower wat op 21 April in Bothasbergstraat tydens ‘n huisbraak gewond is, het vir die eerste keer in die hof verskyn. Twee van sy makkers is deur die huiseienaar doodgeskiet.

Isaac Khoza gebruik volgens die polisie ook die alias Ndlovu.

Hy het omstreeks 03:00 die betrokke Saterdagmore saam met twee ander Mosambiekers by die Bothasbergstraat huis ingebreek.

Die drie rowers het ‘n jong paartjie en hul baba in die hoofslaapkamer van die huis gekonfronteer.

Die man is dadelik in sy bed deur een van die inbrekers met ‘n mes getakel, maar hy kon daarin slaag om sy vuurwapen onder sy kopkussing te kry, waarna hy dadelik op die inbrekers losgebrand het.

Twee van hulle, Elio Tivane en Isilvo Mugabe, is op die toneel dood.

Khoza is in die bors en hand geskiet, maar kon daarin slaag om uit die huis na die erf van die buurman langsaan te vlug.

Daar het die buurman hom egter ingewag met ‘n graaf en hom verskeie houe toegedien, voordat Khoza op die sypaadjie inmekaar gesak het.
Hy is in Middelburg Hospitaal gestabiliseer en later oorgeplaas eMalahleni toe.

Sy toestand was egter so kritiek dat hy na Pretoria se Steve Biko Hospitaal toe oorgeplaas moes word.

Na sy ontslag is hy terug gebring Middelburg toe, waar hy nou verhoor sal word op klagtes van huisroof en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Weens sy beserings kon hy nie vir sy eerste hofverskyning opdaag nie en die saak teen hom is uitgestel tot die week in sy afwesigheid. Die saak is weer tot ’n latere datum uitgestel.

Geen klagtes is teen die huiseienaar gebring nie.

Die geregtelike doodsondersoek is egter nog nie afgehandel nie.

Die liggaam van een van die huisrowers

 

Lees meer oor die Bothasberg straat huisbraak:

Rower skree: ‘I’ll kill your baby!’

 

Lees ook:

Elektrisiteitspyne die winter

Vermeende plaasaanvaller verdwyn

Plaasaanval- Saak weer uitgestel vir borg

Sleepwa brand op N4

Strike on N11

Vroue steel sambreel by liefdadigheidsfunksi

Increase in kidnapping and murder of children in Middelburg, Mpumalanga

 

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons Youtube Kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button