Sleepwa brand op N4

Verkeer op die N4 het Woensdagmiddag vir ’n geruime tyd tot stildstand gekom nadat ’n trok se bande aan die brand geraak en die sleepwa uitgebrand het

Verkeer op die N4 het Woensdagmiddag vir ’n geruime tyd tot stildstand gekom nadat ’n trok se bande aan die brand geraak en die sleepwa uitgebrand het.

Na wat verneem word het die remme van die trok sowat ’n kilometer na die Woestalleen afrit (Nelspruit rigting) omstreeks 11:20 aan die brand geslaan, waarna ook die wiele en die sleepwa met sy vrag begin brand het.

Die drywer het gesien wat aan die gebeur is en het dadelik gestop en die sleepwa afgehaak. Hyself kon na ’n veilige plek ry.

Die Middelburg brandweer, asook ’n myn in die omgewing het teen die vlamme gestry, maar die sleepwa met sy hele vrag is in die brand verwoes.

Sleepwa brand op N4

•Niemand is in die voorval beseer nie maar die verkeer het vir kilometers opgedam tydens die skoonmaakoperasie.

 

www.mobserver.co.za het ’n nommer bekom van die eienaar van die trok, maar hy wou nie sy besigheid se naam of sy naam bekend maak nie.

 

Lees ook:

Adopt a pet from SPCA

Vroue steel sambreel by liefdadigheidsfunksie

Pumaki rugby at Laerskool Middelburg

Increase in kidnapping and murder of children in Middelburg, Mpumalanga

‘Net gou’ selle toe vir twee aande- skokwending in boer se arrestasie

 

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons Uitsaai lys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons Youtube Kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons Redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version