Die jong koedoebul wat Middelburg op hol het, gaan nie biltong word nie.
Die koedoe is agter in ’n erf vasgekeer, waar daar gewag word op ’n veearts om hom te verdoof.
Inwoners spot dat die koedoe ’n leerling van Laerskool Middelburg is wat gedros het. Die skool staan bekend as die Koedoekoppe.
Dit blyk egter dat hy ’n hoërskoolleerling is want hy het op ’n stadium in die ouditorium van HTS Middelburg rondgehol.
Lees vorige storie hier: Koedoe het dorp op hol, want hy hol die hele dorp vol
HTS het foto’s van die bok in hul ouditorium op Facebook gesit:
Stories oor ander diere in die dorp:
Hou vas jou matras, daar is ’n bobbejaan in jou erf
Video – Tierboskat in Kanonkop
‘My lief, daar is ’n mamba in ons kamer’
You can read the full story on our App. Download it here.