News

Skelm man trek soos vrou aan

Inwoners op Middelburg voer ’n verbete stryd teen misdaad in die middedorp.

Nadat sy al in die gesig gespoeg, ‘n “wit hond” genoem en selfs gedreig is dat sy verkrag gaan word, het ‘n sakevrou nou besluit om haar besigheid in die Sentrale Sakegebied van die dorp te verkoop.

Ek het vier jaar my winkeltjie in SADCstraat gehad. Ek ken al die misdadigers se gesigte. Die misdaad hou egter net nie op nie. Ek sien net nie meer kans nie,

sê me. Trudie de Lange hartseer.

“Toe die Pakistani my die prys gee wat ek wou hê, het ek my plekkie laat gaan.”

Lees ook: Kaart wys misdaad brandpunte in Kanonkop en Dennesig

Me. De Lange is op 62 baie fiks en het deur die jare nie teruggestaan vir die misdadigers nie. “Hulle het hul misreken met dié ou Magog. Jy moenie vir hulle wys jy is bang nie.”

Voor sy haar winkel verkoop het, het sy darem die laaste hou ingekry.

‘n Bejaarde man se selfoon is in die straat gegryp, waarop sy ‘n stuk pyp gegryp, agter die dief aangehardloop en hom bygedam het.

Me. De Lange sê die misdaad het elke jaar net erger geword. Voordat sy haar winkel, wat bykans regoor die KFC se ingang in SADCstraat geleë was, het sy elke dag gesien hoe die misdadigers toeslaan.

Lees ook: Video – Polisie vat misdaad vas

Daar is élke dag aan mense se deure geruk! As ek sê dit het drie keer gebeur per dag is dit min!

‘n Man se kardeur is onlangs oopgeruk en sy skootrekenaarsak gegryp.

Me. De Lange het die booswig agterna gesit, maar hy was te vinnig.

Sowat 45 minute later het die einste dief uitdagend na haar winkel gekom, die skootrekenaarsak in haar hand gedruk en gesê: “Jy weet wat om daarmee te doen.”

Sy het gelukkig geweet wie se sak gesteel is en dit terugbesorg. Me. De Lange was geskok toe hy die sak voor haar oopmaak en sê dat hulle alles gesteel het, maar darem die rewolwer in die sak gelos het.

Daar was die keer toe sy ‘n dief agterna gesit het wat ‘n man se banksak gesteel het.

“Ek het die dief gevang en die sak vir die man gegee. Daar was R100 000 in, maar hy het nie eers dankie gesê dat ek dit vir hom teruggekry het nie.”

Lees ook: Misdaad floreer terwyl magstryd woed

Sy het talle kere gesien hoe die afstandbeheertruuk gebruik word om die afstandbeheerknoppie in te hou sodat voertuie nie kan sluit nie. As die mense wegstap, dan duik hulle in die karre in en gryp alles.

Me. De Lange het altyd probeer alarm maak en so gekeer dat die diefstalle voortgaan, maar ander kere het dit net te vinnig gebeur en moes sy magteloos toekyk hoe hulle vlug.

‘n Groep kom een keer per maand na die dorp in ‘n voertuig met Gautengse registrasienommer. ‘n Man (aangetrek soos ‘n vrou) en twee vroue word afgelaai en kom later in die dag terug met sakke vol artikels. Sy glo dit is die mense wat toeslaan op vroue in winkels en hul handsakke steel.

“Dan praat ek nie eers van die dwelms nie! Transaksies met Nigeriërs word sommer openlik in die straat gedoen.

Hulle is nie eers bang nie, want daar word niks aan hulle gedoen nie.

Dit help nie om die polisie te bel nie, want die misdadigers verdwyn soos mis voor die son, as die polisievoertuie daar aankom.”

Lees ook: Misdaad buite beheer

Me. De Lange sê die rowers en diewe het dreigend begin raak, omdat sy opgestaan het teen hulle.

Een van hulle het meer as een keer gedreig dat hy haar gaan verkrag. By ‘n ander geleentheid het hy haar in die gesig gespoeg toe hy verbyloop.

Van die dwelmhandelaars het een keer openlik gedreig: “Jou wit hond, ons gaan jou doodmaak.”

Sy het besef dat dit té gevaarlik geraak het.

Jy verloor jouself, want ek het op ‘n stadium ‘n punt bereik waar ek misdadigers begin haat het met ‘n passie.

Noudat ek ‘n rukkie weg is van dié misdaadnes, begin ek myself nou eers weer vind.”

Me. De Lange sê daar sal iets daadwerkliks gedoen moet word aan die misdaad in ons dorp, “anders gaan dit ‘n regte Sodom en Gomorra word, as dit nie alreeds is nie!”

Ander nuus:

“Annica van Staden stole my money”

Volledige video: Vuisgeveg in Tracers

Verdagte in veld geskiet – inwoner verduidelik

Oproeriges kap pad op

Toets jou skietvernuf op diè baan 

Mense lag hulle siek vir polonie grappies

11-Jarige meisie glo op ma se bed Verkrag

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button