News

Oproeriges kap pad op

Wanneer jy in Suid-Afrika jy ’n stukkie grond wil hê dan gaan vat jy dit sommer vir jou en as jy ongelukkig is oor dienslewering dan kap jy sommer ’n nasionale pad op.

Die N11 Schoemanpad was gesluit weens oproer in Masakaneng.

Inwoners van Masakaneng is ontstoke en het die pad met klippe toegepak, bande aan die brand gesteek en voertuie met klippe bestook.

Later is die hele stuk pad sommer opgekap het joernalis, Janine van Staden, laat weet.

Lees ook: Departement staak werk by Optimum

A/o Stanley Magaela, polisiewoordvoerder, sê die oproer gaan oor gebrekkige munisipale dienslewer ing.

Hy sê ook dat Groblersdal polisie en die openbare-orde polisie onmiddellik uit is om gemoedere onder beheer te hou.
“Daar is een klag van kwaadwillige beskadiging van eiendom geopen weens klipgooiery na karre,” sê a/o Magaela.

Lees ook: Hy wou werk – Hulle wou staak

Die verkeersafdeling van Groblersdal moes op die toneel gewees het omdat dit ‘n nasionale pad is, maar hulle kon nie in die hande gekry word nie.

“Daar was geen verkeerspersoneel op diens nie.”

•Die pad is intussen weer oopgestel.

 

Ander nuus:

 Woeste geveg in Tacers

Inbreker in dennesig geskiet

Toets jou skietvernuf op diè baan 

Mense lag hulle siek vir polonie grappies

11-Jarige meisie glo op ma se bed Verkrag

Video shows bloody shootout in Randburg

Video shows motorcycle crash (Not for sensitive viewer)

 

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button