Die munisipaliteit sê dat al die dorp se damme geaffekteer word en dat omgewingsvriendelike chemikalieë reeds aangekoop is om die Dennesig dammetjie te bespuit.
Die chemikalieë kan egter nie effektief in die dorp se groter damme gebruik word nie.
Eddie Louw en Yolande Stapelberg het die week die “Red Ons Eende Dammetjie Projek” op Facebook van stapel gestuur en teen die eerste dag was daar reeds meer as 200 inwoners wat aangedui het dat hulle met die skoonmaakproses sal help.
Donderdag is daar ’n toetslopie by die dammetjie gedoen en is ’n groot hoeveelheid van die watergras verwyder.
Riete wat bykans die helfte van Krugerdam al toegeroei het is ook oral ’n probleem.
Die Dennesig dammetjie sal eersdaags met behulp van verskeie spanne met hakke skoon gesleep word.
Hou www.mobserver.co.za dop vir meer inligting.