Meningspeiling – Dalk geen meer Classic Clash

Die Jaarlikse Classic Clashes rugbydwedstryd tussen Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg is dalk vir altyd verby. Hoe voel jy daaroor? Neem deel aan ons aanlyn meningspeiling.

HTS Middelburg wil nie die wedstryd op 12 Mei speel soos dit al jare plaasvind nie en het 25 Augustus 2018 voorgestel.

Indien die wedstryd dan sou plaasvind, sal dit egter net ’n nagedagte wees en beslis nie die jaarlikse opbou waaraan rugbyliefhebbers en veral inwoners van Middelburg, nou al na uitsien nie.

Lees ook: Dit gaan Middelburg mis as die Classic Clashes nie plaasvind nie

Dit blyk dat HTS Middelburg nie meer die Classic Clashes belangrik ag nie.

Dié skool het ’n geleentheid gehad om 12 Mei vir die kragmeting te allokeer, maar het nie daarin belang gestel nie en speel nou op daardie dag teen Garsfontein ’n ligawedstryd.

Hoërskool Middelburg was wel bereid om sy ligabepaling te verander.

 

 

Wat sekerlik vir Hoërskool Middelburg ’n wrang smaak in die mond laat, is dat HTS Middelburg die Classic Clashes die laaste twee jaar aangebied het omdat Hoërskool Middelburg dit in 2018 wou huisves, as gevolg van sy honderdjaarfeesvieringe.

Met borge wat reeds bereid was om duisende rande in te ploeg en televisiedekking wat daarmee heen kan wees, kan die saak nog ’n bitter wending neem.

• Die Middelburg Observer sportjoernalis, Johann Gresse, belig die situasie in Vrydag se uitgawe.

• Om jou mening te gee oor die verwikkelinge stuur ’n e-pos na tobie@mobserver.co.za.

 

Dit gaan Middelburg mis as Classic Clashes nie plaasvind

 

Ander nuus:

Ongelukslagoffers na twee maande nog nie uitgeken

Vrou glo by ‘kliniek’ verkrag terwyl sy onder narkose is

Waar is Wolfswinkel se moordenaars?

Waarskuwing aan boere: Pas jul vee op hierdie feesseisoen

Verkeerskonstabel met blou lig kaap trok op N4

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version