Daar is ’n tyd vir alles…toe hang bejaarde haarself

Die Bybel, oopgeslaan by Prediker 3, is by ’n bejaarde vrou gekry wat haar eie lewe geneem het.

Prediker 3: “Vir alles is daar ‘n vasgestelde tyd, ja, ‘n tyd vir elke aangeleentheid onder die hemel; ‘n tyd vir geboorte en ‘n tyd om te sterf; ‘n tyd om te plant en ‘n tyd om uit te trek wat geplant is; ‘n tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak; ‘n tyd om af te breek en ‘n tyd om te bou…”

Me Mariaan Greyling van Belfast Rusoord is dood in haar kamer gekry, nadat sy haarself met ‘n bedlampie se elektriesekoord teen die kasdeur opgehang het.

Lees: Bekende in vleisbedryf pleeg selfmoord

Me. Greyling het briewe vir haar kinders, eksman en Rusoord bestuur agter gelaat.

Vriende het bekommerd geraak toe me. Greyling vir die tweede agtereenvolgende dag nie haar deur vir hulle oop gemaak, of oproepe beantwoord het nie.

Toe bestuur ‘n duplikaat sleutel by haar voordeur wou indruk, het hulle gevind dat haar eie sleutel binne in die sleutelgat was.

Na ‘n gesukkel het personeel agter gekom dat die deur nooit gesluit was nie en gaan ondersoek instel.

Me. Greyling is dood in haar slaapkamer gekry.

Sy het net genoeg van die koord afgesny sodat sy haarself kon hang.

Die inhoud van die briewe wat sy agtergfelaat het is nie bekend nie.

‘n Bron na aan me. Greyling het aan die koerant bevestig dat sy wel vantevore gedreig het dat sy haar eie lewe gaan neem.

Lees: Bekende oud-adjunkhoof neem eie lewe in Namibië

•Dit is die derde selfmoord die laaste paar weke in die omgewing.

’n Jong vrou is die naweek op Middelburg dood in haar kamer gekry, nadat sy vermoedelik ’n oordosis pille gedrink het.

Drie weke gelde het ’n jong inwoner homself op ’n plaas opgehang.

 

Ander nuus:

Plaaslike dwelmmuil in Hong Kong gevonnis

Gesteelde spoorstawe dalk na Sjina of Indië uitgevoer

Is daar grafte, swart grafte, onder meenthuise?

‘Belfast Boef’ landwyd gesoek

Mosambieker geskiet, misdaad skielik minder

Seun sterf na val van bakkie

Trane soos riviere by prysuitdeling

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

Exit mobile version