Skud reg vir die partytjie van jaar

Forever Loskopdam se heel eerste Loskoppertjie Matriek Rage is op hande en daar is nog baie plek beskikbaar.

Loskopdam se algemene bestuurder, me. Monica van der Linde, sê dat die besprekings inkom, maar dat daar nog baie oop plekke is wat gevul kan word.

Die Rage is die in-ding onder skoolverlaters wat in massas kus toe stroom vir hul matriekvakansies.

Loskopdam bied egter ’n baie goedkoper opsie tussen 1 en 4 Desember vir matrikulante.

Teen slegs R1650 per persoon wat deel kan ’n chalet bespreek word, kampplek met krag kos R995 vir drie nagte.

Die propvol pret program sluit die skuimpartytjie van die jaar in.

Daar sal oral kroegfasiliteite en kosstalletjies met te kies en te keur beskikbaar wees.
O

ptredes deur onder andere Elvis se Seun, Bouwer Bosch, Saarkie en die internasionaal befaamde DJ YT is van die trekpleisters.

Daar is sekuriteit en lewensredders sal oral aan diens wees.

Loskopdam personeel is ook almal op hul poste om ouers te verseker van hul skoolverlaters se veiligheid.

“Op die ouderdom het die jeug ‘n goeie mate van verantwoordelikheid en ouers kan gerus wees dat hulle in goeie hande gelaat sal wees,” sê me. Van der Linde.

Die oord sal ook gesluit wees van 1 tot 4 Desember vir die breër publiek.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version