#SwartMaandag – Vingers na polisie gewys nadat trok in plaasmoord konvooi injaag

Vinger is na die polisie gewys, kort nadat ’n trok in die plaasmoord konvooi buite Middelburg op die N4 hoofweg gejaag het.

’n Deelnemer aan die protesoptog het aan www.mobserver.co.za bevestig dat ’n polisieman op ’n stadium so oorweldig was dat hy sy dienswapen uit sy holster gepluk het.

“Hy het dit egter op niemand gerig nie, maar baie benoud voorgekom,” sê die ooggetuie.

Mnr. Jonathan Horsford was voor in die konvooi toe die trok van agter in die konvooi vasgery het.

Hy het aan www.mobserver.co.za vertel dat die polisie deurlopend voor motoriste in die konvooi ingejaag en dan dood gestop het.

 

 

“Dit het ’n onaangename rippel-effek op die hele konvooi van voor tot agter gehad. Die voortdurende stop-ry aksie wat deur die polisie veroorsaak is, kon daartoe bydra dat die trok nie behoorlik kon stop nie”.

 

 

Die trokdrywer het op die toneel gesê dat hy nie kon rem nie.

Nadere ondersoek het na bewering verskeie foute met die remme opgelewer.

 

 

Mnr. Horsford sê dat dit duidelik was met nadere inspeksie dat van die trok se remme glad nie werkbaar was nie.

Die impak met die konvooi van agter was so hard dat minstens vyf motors van die padoppervlak tot op die grasmediaan gestamp is.

 

 

Die trok het daarna bo op twee ander voertuie geval. ’n Beseerde man moes met lewenskake uit sy bakkie bevry word.

Twee mense is hospitaal toe vervoer vir behandeling.

 

 

’n Klankgreep dat daar protesgangers in die voorval dood is, is onwaar.

 

Stories doen die rondte

• ’n Boodskap op WhatsApp, dat ’n boer dood is nadat hy nege keer geskiet is, is onwaar. Dit was wel ’n gewapende roof wat in die dorpie Deneysville plaasgevind het.

• ’n Bejaarde boer, Bokkie Potgieter, is vandag naby Vrydheid op ’n plaas met ’n panga dood gekap. Volgens inligting het sy aanvaller mnr. Potgieter se liggaam in sy eie bakkie gelaai en met hom weggejaag.

Lede van die gemeenskap het egter die voertuig voorgekeer en die verdagte daaruit geruk en aangerand. Hy is op die oomblik in ‘n kritieke toestand.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version