’n Konvooi met sowat drie honderd voertuie het vanoggend vanaf Middelburg na die Middelburg Tolplaza vertrek as deel van Swart Maandag.
’n Groep inwoners het reeds vanoggend vyf uur by die gebedsoond bymekaar gekom, waar daar vir plaasboere gebid is.
Emosionele gebede is gedoen en pastoor Jannie Jacobs het gedeeltes uit die Bybel voorgelees.
Daar word vanaand om 19:00 by die gebedsoond bymekaar gekom vir nog gebede.
Vanoggend om 13:00 gaan pastoor Jamon Snyman ook ’n gebedsgeleentheid by Amora Voëlpark lei.
Hy sê in ’n boodskap: “Kom ons roep ons Lewende God aan, en smeek hom, om ons beore te beskerm en om ons volk te dra”.
You can read the full story on our App. Download it here.