News

Gebede vir boere – konvooi ruk op na tolhek

Daar word reg oor die wêreld aan #SwartMaandag deel geneem. Sien fotos en video's hier.

’n Konvooi met sowat drie honderd voertuie het vanoggend vanaf Middelburg na die Middelburg Tolplaza vertrek as deel van Swart Maandag.

’n Groep inwoners het reeds vanoggend vyf uur by die gebedsoond bymekaar gekom, waar daar vir plaasboere gebid is.

Foto: Facebook – Desire Coetzee (Dubai)

Emosionele gebede is gedoen en pastoor Jannie Jacobs het gedeeltes uit die Bybel voorgelees.

Daar word vanaand om 19:00 by die gebedsoond bymekaar gekom vir nog gebede.

Foto: Facebook Jolandi Ford Nieu-Seeland

Vanoggend om 13:00 gaan pastoor Jamon Snyman ook ’n gebedsgeleentheid by Amora Voëlpark lei.

Middelburg boere. Foto: Attie Dippenaar

Hy sê in ’n boodskap: “Kom ons roep ons Lewende God aan, en smeek hom, om ons beore te beskerm en om ons volk te dra”.

Foto: Facebook – Dirk Tredoux Wes Kaap

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button