Daar sal volgende week afskeid geneem word van Jandré van der Walt (16) wat Maandagmore oorlede is in ’n motorongeluk tussen Ohrigstad en Lydenburg.
Hy is dood nadat die voertuig waarin hy en sy meisie, Igne Gouws (15), gery het, vermoedelik bo-oor hom gerol het.
Jandré se oupa (naam nie tans bekend nie) het die voertuig bestuur en beheer verloor, waarna dit gerol het.
Die geselskap was op pad Middelburg toe na ’n jaguitstappie. Jandré bly by sy ouers in eMalahleni.
Hy is uit die voertuig geslinger en op die toneel dood verklaar.
Igne en sy oupa is nie ernstig beseer nie en Life Midmed toe gebring vir behandeling.
Igne het nekbeserings opgedoen, terwyl die oupa vir ’n skouerfraktuur behandel is.
Daar sal volgende week by die skool van Jandré, wat vir HTS se ouderdomspanne uitgedraf het, afskeid geneem word.
• Lees Vrydag se Middelburg Observer vir meer besonderhede.