Jy kyk dié vark nie vlak nie!

Kranspoortdorp hou hul eerste Vlakvarkfees hierdie naweek.

Die Vlakvarkfees begin op Vrydag, 6 Oktober, met ‘n aandgholf kompetisie.

Danie Terblanche sal vir vermaak sorg.

Daar gaan ’n groot verskeidenheid kosstalletjies wees wat smulgeregte aanbied.

Saterdag, 7 Oktober, begin met ‘n pretstap om 07:00. Almal klim op die wa, wat deur ‘n trekker gesleep word by die Kranspoort ingang en stap deur die pragtige omgewing terug. Die eerstes word beloon met ‘n medalje!

Na 09:00 se skriflesing en gebed om die fees te open, sal die sport(s) begin.

Eerste aan die beurt is die gewilde koedoekoeël spoedkompetisie. Daarna volg die kies van die mnr. en mej. Junior Kranspoort.

Vele inskrywings is reeds ontvang.

Vir diegene wat goed kan korrel is die “jukpyle” dan aan die beurt, waarna ballon met water gooi, volg.

Al die items het groot pryse vir die wenners. Deurentyd word besoekers vermaak deur die alombekende Danie Terblanche.

Daar sal ook ‘n biertent wees.

Moet ook nie vergeet dat daar ‘n “boot sale” gaan wees waar inwoners allerhande interessante items uit die motor se kattebak te koop gaan aanbied nie.

Omstreeks 12:00 begin die 15 potmakers reg skuif vir die groot kompetisie en sal die potte om 18:00 beoordeel word.

Direk hierna begin die donkielong te gesels en kan daar dan lekker gedans word in die nuwe gholfkarretjie stoor.

Die dans is gratis. Tydens dié geleentheid sal daar ‘n houtkis met skaars wyne opgeveil word.

Die toegang na die fees is gratis, so maak seker jy bekom ‘n potjiekoskaartjie teen R100 per persoon.

Bel Jesse Hill by 083 284 0857 of Dawid van der Walt by 082 851 8165 vir jou potjiekoskaartjie of om ‘n stalletjie teen R50 te bespreek.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version