EntertainmentLifestyleNews

Franco by Aardklop

Die dorp se jong en talentvolle muskikale uitvoerproduk, Franco Prinsloo, het liedere gekomponeer wat musiekkenners in ekstase het.

Die Nuwe Afrikaanse Kunslied word eersdaags uitgevoer by Aardklop Kunstefees op Potchefstroom.
Sy komposisies word beskryf as “’n vars blik op ’n ou kunsvorm”.

Prinsloo se toeganklike liedere sluit in Philip de Vos se speelse versameling tekste “Daar’s bitterals in die heuningwals” en W.E.G Louw se “Drie nokturnes”.

Hierdie nostalgiese, vars, dinamiese toonsetting is ’n huldeblyk aan S. Le Roux Marais.

Die uitvoerings is iets vir liefhebbers van Afrikaanse poësie en musiek om na uit te sien.

• Venue: NG Kerk Miederpark

• Datums: 6 Oktober (19:00) en 7 Oktober (11:00)

• Kostes is R120

• Die vertoning se tydsduur is 55 minute.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button