Dominee se geliefde hond vergiftig

Misdadigers wat honde vergiftig en voor die voet steel en selfs met balaklawas by huise toesak, het hierdie week op Middelburg toegesak.

• Sondag in die vroeë oggendure is twee honde van die Van der Westhuizen-gesin vergiftig, waarna die boewe oor die muur geklim het na die Van Huyssteens.

Daar het hulle die motorhuis oopforseer, met messe kabelbinders afgesny en twee KTM motorfietse van ’n sleepwa af gesteel.

Die sleepwa is in die erf agter gekry, omdat die diewe nie die hek, wat die erf na agter skei, kon oopkry nie. Die motorfietse is oor die hek getel.

• In hierdie tyd is mnr. Arnold Theron se Yamaha 15 perdekrag bootenjin gesteel. Woensdagnag is sy buurman, ds. Ferdie Devenier se hond, Sheena, vergiftig.

Hulle het die volgende oggend met vars spore gesien dat die boosdoeners weer in mnr. Theron se erf ook was.

Lees ook: Rowers probeer motorfiets steel

Motorfietse in Mosambiek gekry

Honderde gesteelde motorfietse in Mosambiek

• Saterdagnag is adj. Stoney Steenkamp se Titan 690 bergfiets is uit sy motorhuis in Beyers Naudestraat (Sentraal) gesteel. Die motorhuis is ook oopforseer.

• Woensdag in die vroeë oggendure is mnr. Anton Botha se waterponie (Jetski Fx160) en ’n veldmotorfiets in Longtomstraat gesteel.

Die Yamaha 15 p/k motorboot enjin wat gesteel is in Lobeliastraat.

Sy hond is al in Februarie vergiftig, maar twee weke gelede is ses honde in sy onmiddelike omgewing by mense in die straat gesteel. Hulle glo die honde is stil gemaak sodat hulle sy waterponie kon steel.

Hy het versterkings aan die binnekant van sy motorhuis gehad, maar die diewe het doodluiters met ’n groot blikskêr gebruik om dit van buite af oop te sny om die motorhuis oop te forseer.

• Dieselfde middag het ’n tuinier gesien hoe vier mans met balakklawas probeer het om ’n motorfiets te steel.

Mnr. Anton Botha se waterponie wat gesteel is.

Volgens sy beskrywing het vier gewapende mans, twee wit mans, een met lang hare, asook twee swart mans, waarvan een vet is, met ’n maroen 4×4 bakkie, sonder ’n kappie, die motorfietse probeer steel.

Hy het alarm gemaak en hulle het gevlug.

Daar is op die noodgroepe gevra dat die mense op die uitkyk moet wees vir die bakkie, asook versigtig moet wees en hulle nie konfronteer nie.

Die sekuriteits kamera van mnr. Anton Botha wat sommer deur die diewe losgeruk is.

• ’n Privaatspeurder van Bloemfontein, Neil van Wyk (Spiff Consultants), het tydens ’n ondersoek om ’n kliënt se waterponie te probeer opspoor in Mosambiek, opgemerk dat daar hordes motorfietse, waarskynlik gesteel, in dié area is. Mense wie se motorfietse gesteel is, word gevra om hom te kontak via WhatsApp by 081 338 9164.

Die diewe het met ’n groot blikskêr ’n stuk van die motorhuis oopgesny toe hulle dit nie oopkry nie.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version