EntertainmentLifestyleNews

Video: Jennifer Zamudio op jou voorstoep!

Die sangeres Jennifer Zamudio is geen vreemdeling nie.

Vanaf 2012 het sy al Hoëveldse verhoë met kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis en Theuns Jordaan gedeel en die harte van menige ondersteuners verower.

Jennifer stap in 2017 weg met twee Ghoema Musiektoekennings vir Beste Country Album en Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar.

Op 25 Augustus tree sy by Mystical Mansion Gastehuis in Gordonweg, eMalahleni op.

Kaartjies is slegs R120 per persoon en R60 vir kinders onder twaalf.

Kerrie-en-rys sal ook te koop aangebied word en daar is ’n kontantkroeg beskikbaar.

Bespreek vandag nog by 082 895 8320.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button