News
Berugte kruising eis twee lewens
Die berugte Lilian Ngoyi- en Beyers Naudestraat kruising het weer twee lewens geëis.
Oor die jare het talle jong mense hulle lewens verloor in dié berugte kruising.
Mnr. Vivian de Villiers (27) en Nathi Ncokazi (24) is albei opslag dood toe twee voertuie in die kruising gebots het.
Een van die voertuie het ’n rooi lig verontagsaam.
Mnr. De Villiers was vroegoggend op pad na sy ouers in Greylingstad toe die ongeluk gebeur het.
Sy vriendin wat saam met hom was, Annelize Botha, is ernstig beseer en word in die Life Midmed Hospitaal se intensiewe eenheid behandel vir onder andere ’n gebreekte kakebeen en pelvis, asook ernstige snywonde.
Mnre. Nkosinathi Maphenjwa (33), van Everest Funerals, wat die bakkie bestuur het, word in die Middelburg Provinsiale Hospitaal behandel.
You can read the full story on our App. Download it here.