Gesteelde motorfiets op plaas gevind

Die motorfiets wat gister in die vroeë oggendure in Kanonkop gesteel is, is etlike ure later saam met ander gesteelde artikels en nommerplate op ’n plaas gevind.

Mnr. Jakes Joubert sê daar is egter soveel skade op sy Kawasaki Zx 1400, dat dit heeltemak onbruikbaar is.

Saam met sy motorfiets is daar ander artikels, wat uit sy motorhuis gesteel is, asook verskeie ander nommerplate, waarskynlik van ander gesteelde motorfietse, in die bosse gevind.

Hy het vroeg gisteroggend opgemerk dat sy skuifhek en motorhuis oopforseer is en dat sy motorfiets gesteel is.

Die motorfiets is letterlik in stukke.

Mnr. Joubert het dadelik op al die veiligheidsgroepe en op Facebook geadverteer dat sy motorfiets gesteel is.

Kort daarna het sy selfoon gelui en is hy uitgevra oor sy motorfiets. Nadat hy die motorfiets beskryf het, is hy in kennis gestel dat die motorfiets in die bosse op die Stoffbergpad, naby die weegbrug gevind is.

Volgens mnr. Joubert wys spore dat die booswigte die motorfiets vanaf Asaliastraat gestoot het oor die parkie voor die Hervormde Kerk, Noord gemeente. Daarna is hulle met die motorfiets oor na die Rondebosch plotte grondpad (reg oorkant Kanonkop).

Die diewe het die motorfietse tussen die bosse versteek.

Vandaar het hulle op ’n stadium links gedraai en oor twee plase drade geknip, waarna hulle die motorfiets en hul ander buit tussen bosse op ’n plaas weggesteek het.

Mnr. Joubert het gemeld dat ’n boer die stukkende drade gevind het en die voetspore, asook die spore van die motorfiets gekry.

Die boer en ’n lid van die Honde-eenheid, adj. Koos Nel, het met sy hond, Vosloo, die spoor gevolg, totdat hulle die motorfiets, nommerplate en ander artikels tussen die bosse gevind het.

Mnr. Jakes Joubert het baie sentimentele waarde aan sy motorfiets, aangesien hy dit 10 jaar terug tydens sy troue ook gebruik het.

Mnr. Joubert is hewig ontsteld oor die skade wat aan sy motorfiets aangerig is. Stukke van die motorfiets is afgebreek en hy glo nie dat die motorfiets ooit weer sal kan ry nie.

Hy het baie sentimentele waarde aan die motorfiets gehad, aangesien hy 10 jaar terug die motorfiets op sy troue gebruik het.

“Ek sou nooit die motorfiets verkoop het nie.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version