Diewe smyt motorfietse neer

Inbrekers het in die vroeë oggendure twee motorfietse probeer steel by dr. Herman Nell in Gholfsig.

Dr. Nell het wakker geword toe die alarm afgaan en het by die venster uitgeloer.

Hy het twee booswigte gesien wat sy Harley Davidson uit die erf stoot en dadelik vir sy vrou, Elma, gesê om die alarmbesigheid, Mid-Alarms, te bel.

Op hierdie stadium was die booswigte reeds uit die erf uit met sy seun, Gerhard, se veldfiets.

Hy het nog ’n ent gehardloop en gesoek, maar die diewe het reeds uit die oog verdwyn.

Shane van Rooyen en Peter Jacobusen, van Mid-Alarms, het van die dorp se kant af in Sangirostraat opgedraai.

Die veldmotorfiets wat sommer net neergesmyt is toe die diewe die lede van Mid-Alarms opgemerk het.

Op die hoek van Sangiro- en Totiusstraat het mnr. Van Rooyen na regs gekyk en in die verte, naby die ou begraafplaas, die reflekters van die Harley Davidson gesien.

Hulle het soontoe gejaag en gesien hoe iemand die Harley Davidson neersmyt en die donker in verdwyn teen die koppie op.

Hulle is agterna, maar die dief het reeds verdwyn. Kort daarna het hulle die veldfiets langs die pad gekry, waar hy ook neergegooi is.

Die persoon wat dié motorfiets gestoot het, het hulle nooit gesien nie.

• Wat vir almal vreemd is oor die inbraak, is dat die alarmstrale buite eers afgegaan het toe die diewe besig was om die Harley Davidson uit te stoot. Op daardie stadium was die veldmotorfiets reeds buite.

Nie die gesin se honde óf die buurmanne se honde het ook geblaf nie.

Mid-Alarms sekuriteitsoffisiere, Peter Jacobuson en Shane van Rooyen.
Exit mobile version