News

Trane rol oor honde

Daar word geskat dat tot soveel as 150 honde sedert Maart 2016 al op Middelburg vergiftig is!

Daar word geskat dat tot soveel as 150 honde sedert Maart 2016 al op Middelburg vergiftig is!

Daar gaan byna nie ’n dag verby dat ’n geliefde troeteldier dood in ’n erf opgetel word nie.

Die trane loop soos kinders hulle hondemaatjies een na die ander sien vrek.

Dit het een leser van www.mobserver.co.za so aangegryp dat hy ’n veldtog teen die gifstrooiers wil begin.

Amos Tebeila het vanoggend gesê dit is verskriklik dat die honde op so wrede wyse moet vrek.

In al die gevalle word Temik, of Two Step, soos die gif bekend is, gebruik.

Maandag in Proteastraat (Kanonkop) het die gifstrooiers weer toegeslaan.

Me. Jo-Ann Stoltz sê hul honde, Lulu (‘n Jack Russell) en Shiloh (pit bulterriër van sowat vyf maande) is vroeg uit. Omstreeks 08:00 het sy gesien Shiloh is siek en het dadelik na Lulu gaan soek. Die hondjie het egter reeds gevrek en hulle het met Shiloh na die Kanonkop Dierekliniek gejaag.

Die hond het later die dag gevrek.

• Die Stoltz-gesin het laat weet dat die mense wat in die woonstel op hul erf bly se hondjie, Koffie (’n worshond-kruising) ook weens die gif gevrek het.

• Die booswigte het die gif in hoenderlewer versteek en vir die honde gegooi.

• Vroeg vanoggend is ’n boerboel in Cowen Ntulistraat vergiftig.

Back to top button