News

Dorp deur likkewane binnegeval

Moet nou nie jou Marble aflag nie!

Marble Hall word deur likkewane binnegeval!

Twee likkewane is in erwe op Marble Hall gevang, en ’n derde een is in ’n inwoner se tuin gewaar.

Mnr. Arthur Roden het reeds twee likkewane, beide meer as een meter in lengte, in Ranonkelstraat en Japonikastraat gevang. Hulle is by die Elandsrivier vrygelaat.

Hy het nog ’n oproep ontvang dat ’n derde likkewaan in ’n tuin gesien is, maar die likkewaan het reeds verdwyn met sy aankoms daar.

Lees verwante stories hier:

Slang in kantoor!

(Waarskuwing – Nie vir sensitiewe kykers) – Luislang spoeg rooibok uit!

Daar is twee spesies likkewane, naamlik die waterlikkwaan wat hoofsaaklik vis, krappe, mossels, klein soogdiere en voëleiers vreet.

Die landlewende likkewaan vreet klein soogdiere, voëls, ander reptiele, eiers en ongewerweldes soos die groot Achatina-landslak.

Mnr. Roden het Sondagaand ook ’n 89 cm pofadder by CVO Marmer Skool gevang, ’n 1,8 meter Mosambiekse spoegkobra in Marble Hall, en ’n 1,8 m boomslang in Dennilton.

Lees meer nuus op die Middelburg Observer webwerf en gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op  Twitter en Instagram

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button