News

Sikloon is op pad!

Vlug, Sikloon Dineo is op pad! Van gister af is inwoners in rep en roer oor die Mosambiekse sikloon wat na die dorp op pad is.

Weerkaarte word aangestuur en daar is oral vrees dat die sikloon die dorp gaan tref.

Die vrese is vererger nadat daar gisteraand binne ’n uur 28 mm reën op Hendrina geval het.

Dit blyk egter dat inwoners mekaar net goed bang maak, want die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die stelsel sal dalk net in ’n hewige tropiese storm ontwikkel en buitendien sy krag verloor wanneer hy eers die land tref.

Hewige storms en reën word wel in die Laeveld en Limpopo voorspel.

Hendry van Tonder en sy vrou Susan.

Mense wat wel erg bekommerd is oor Dineo is die gewese Noord-Transvaal en Suidoos-Transvaal agtsteman, Hendry van Tonder en sy vrou Susan.

Die Van Tonders bly in Inhassoro in Mosambiek en het erge skade gely nadat hulle deur Sikloon Favio getref is.
Susan het Dinsdagmiddag gesê dat dit reeds daar begin reën het.

Middelburg inwoners hou die wolke intussen met dringendheid dop met die Middelburgdam wat reeds tot onder 46 % gedaal het.

Die vlak was Maandagoggend op 45.75%.

Daar is darem goeie kans op reën teen Vrydag op die dorp terwyl dit tans liggies reën.

Lees ander nuus hier:

Tracers kroeg vroegoggend deur inbrekers geteiken

VIDEO: Die voete dans by Platform Reünie

Stolen car chased on highway

Back to top button