Dam klim steeds!

Die Middelburgdam se vlak styg steeds en daar is pas bekend gemaak dat hy al op 34.15% staan!

Die vlak was Maandag op 32.5%, waarna daar dieselfde dag 135 mm reën by EDE Farming geval het. Dit het veroorsaak dat die dam ’n skielike inloop begin kry het.

Dinsdag was die vlak 33.8%, Woensdag 33.9% en vanoggend bo 34%.

• Damopsigter Neels Struwig sê daar is steeds ’n inloop en dat dit die erge verdamping gestabiliseer het.

• Dit het hierdie week vanaf Donderdag tot vanoggend 73mm gereën by die dam.

Vir die dam om vol te word, het ons goeie reën in die opvanggebied, Hendrina, nodig. Dit het laasnag 18mm op Hendrina gereën.

Lees ander nuus hier:

Horrific accident claims life on R555

Video: Baldadig in die reën

Motorist confronts bike thieves

Donald Trump VSA – president

Foto’s: Inloop uit lug gesien!

Exit mobile version