News

Man gryp driejarige dogtertjie

’n Man met reuse mes het probeer om ’n driejarige dogtertjie uit ’n kar te gryp by ’n sakekompleks op Middelburg.

Dit herinner sterk aan die vlaag voorvalle vroeër hierdie jaar in Pretoria waar kinders gegryp is..

Me. Liza Bornman se dogtertjie is Saterdagaand amper uit hul motor gegryp voor die Tosca Sentrum in Kanonkop.

Mev. Bornman sê dat hulle gou winkel toe gery het om melk en brood te koop. Haar man, Stefan, het uitgeklim terwyl sy en haar dogtertjie in die kar gewag het.

Mev. Bornman sê dat sy onder die indruk was dat dit nuwe karwagte was wat die sentrum self aangestel het, toe sy ’n man met glimbaadjie sien.

Klein Stefné (3) het aan die bestuurderskant in die oop venster gaan sit toe haar pa uit is. Mev. Bornman sê dat sy bang was haar dogtertjie val uit en het haar een beentjie vasgehou, terwyl sy haar ander voetjie gekielie het in ’n poging om haar terug in die kar te kry.

’n Man het gebukkend langs die kar afgesluip tot reg onder haar dogtertjie.

Hy het Stefné aan die arms gegryp en begin ruk. Mev. Bornman kon haar kind terug in die kar in pluk, omdat sy haar nog aan haar beentjie vasgehou het. Toe die man sien hy gaan haar nie uit die kar kry nie, het hy die kind laat los en weggehardloop.

Mev. Bornman se dogtertjie het histeries gehuil.

Daar is later na die man gesoek en hy is vas aan die slaap langs ’n melkery gekry.

Die polisie het die man ondersoek en ’n “reuse mes” by hom gekry. Die man het toe erken dat hy die dogtertjie probeer gryp het, maar kon nie verduidelik wat hy met haar wou doen nie omdat hy “baie gedrink het”.

Die polisie het aan mev. Bornman, wat ’n poging tot ontvoering saak wou open, gesê dat hulle nie ’n kriminele saak kan open nie, omdat daar nie ’n misdryf gepleeg is nie.

Hulle het die man agter in die vangwa gelaai en onderneem om reëlings te tref dat hy die volgende dag terug Secunda toe gevat word, waar hy vandaan kom.

Mev. Bornman het ouers gevra om hul kinders ten alle tye op te pas.

Lees ander stories hier:

Warning Graphic: Five babies dumped in less then two months

Update: Police finally make arrest after latest discovery

New born baby found dead

(Warning Graphic Content): Baby dumped by mother survived unscathed

Baby found in bag

Video: Voor die wind met Koningskind

Update: Baby X in place of safety

Video: The baby’s hero in blue

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button