Dr. Molefe Kolodi (Forensiese Mediese Beampte van die Mpumalanga Departement van Gesondheid) het in sy lykskouingverslag bepaal dat me. Claassen dood is aan septisemie en komplikasies wat gepaard gaan met langdurige hospitalisasie.
Me. Claassen se seun. Sankus Smit, het die verslag aan die Observer beskikbaar gestel en hartseer gesê “dat my ma ‘n geweldige pynlike dood gesterf het. Ons kan dit nie hier los nie.”
In dr. Kolodi se verslag kom daar skokkende feite na vore, wat insluit:
• Dat daar geen tekens van onlangse mediese ingryping was (voor haar dood) nie.
• Nat gangreen en oop ulkus (druksere).
• “Weefsel is gekwyn en disintegreer in ‘n septiese pulp”.
• Die septisemie het ook na die gebreekte heup en die oop gangreen bedseer versprei en die fraktuur is 80mmx70mm.
Sy verslag maak melding van die druksere in haar hoër rug, op haar maag, arms en bene, asook vel wat afkom en droë gangreen oor haar hakke.
Lees vorige en verwante stories hier:
Opvolg: Bets – die statige ouma skou
Vrou lankal dood – Verpleegster sê: ‘vital signs are good’
Lees hier oor ander klagtes teen die hospitaal.