Die waarheid bly die waarheid

Charlie Mashia: My hart bloei as ek sien wat in ons land aangaan. So ek gaan nou iets sê, die swart mense sal nie daarvan hou nie, maar ek is ook 'n swart man, en die waarheid is die waarheid, hy sal nie omdraai nie.

Die hospitaal wat so sleg lyk, die plaasmoorde, die probleme by die skole, dit is ons government se skuld. Ek het op ‘n plaas groot geword. My ouers het my met die paar rand wat hulle gekry het op die plaas groot gemaak. Almal het werk gehad.

Maar dit help nie ons word kwaad nie, die waarheid is die waarheid. As dit so aangaan by die hospitaal, waar sal ons ons siek mense heen vat? Ons kla, ons skryf stories, maar niks verander nie.

Mense kan sleg voel, maar as ons hierdie government volg gaan ons almal binne in ‘n gat val. Dit maak my baie hartseer, want ek sien oor ‘n paar jaar gaan daar nie meer werk wees nie.

Dis hartseer as jy sien hulle het ‘n boer dood gemaak, want boere sorg vir ander mense. Kyk na Johan Ligthelm. Hy het ver gekom met sy besigheid. Maar waar is sy perskes nou? Hy is nou weg want hulle het hom onderstebo gesteel. Waar gaan ons weer so ‘n man kry?

Skelms het meer regte as ons. Tsotsi’s in die tronk eet kos wat van die plaas af kom.

Die president eet kos wat van die plaas af kom. Hulle moet eintlik skaam kry en opstaan as ‘n boer dood gemaak word of hy los sy besigheid. As al die boere hulle plase los en hulle kom bly in die dorp, wat gaan al hierdie mense eet?

Hulle sal sê hulle gaan self boer, maar hulle kan nie. Hulle weet nie wat om te doen nie.

As die government so aangaan sal daar niks oor wees nie, nie ‘n bees of ‘n bok nie.

My hart bloei. Is dit net ek wat dit so sien? As daar tog net ander was wat dit soos ek gesien het, dan sal dit nie meer so wees nie. Die waarheid bly die waarheid, jy kan hom nie omdraai nie.

Exit mobile version